SKRYF VIR TV
Les 5
Verlede keer het ons die ooreenkomste tussen spanning en komedie bekyk. Hierdie week wil ek hoofsaaklik oor komedie gesels – en sy dumb and dumber boetie: klug – maar kom ons verfris eers gou die ou geheue met ‘n ietsie wat Alfred Hitchcock oor spanning en komedie gesê het:
Picture this dumb film scene: Four people are playing cards in a room. They talk about everyday matters, so boring some members of the audience start leaving the cinema. After five minutes of this a bomb suddenly goes off, killing all four of them. Audience reacts for about ten seconds with shock and horror. That’s the dumb scriptwriter’s pay-off for five minutes of film wasted. Now picture the clever version of virtually the same film scene: As four people start playing cards, the camera shows the audience a bomb with a timer attached to the underside of the table they’re playing at. The timer shows us the bomb is set to explode in five minutes. The four people discuss everyday boring matters, but I give you my word not a single member of the audience will now get up and leave. This is how a clever scriptwriter creates tension.
The same goes for comedy, using virtually the same film scene: Four people playing cards, discussing boring subjects. After five terrible minutes of this the door opens and a deliciously drunk Santa Claus enters with a heavy bag of gifts. Audience might laugh for a few seconds. Now picture the scene in the hands of a clever scriptwriter: As four people start playing cards in a room, the audience learns from their talk they’re waiting for a friend with a drinking problem who has gone to his first Alcoholics Anonymous meeting. They have full confidence in their friend because he swore he would buy each of them a Christmas gift if he didn’t go to the meeting, and they know him as a stingy guy who never ever buys gifts. And then, five minutes into this, the door opens and their friend staggers in, a drunken Santa Clause with a bag of gifts: “Ho ho ho, I come bearing gifts!” This is actually a scene from a real comedy play successfully staged in London and on Broadway, and it always received a huge laugh from the audience.
Jammer dis bietjie ‘n lang aanhaling van Hitchcock, maar ek glo hy maak ‘n belangrike punt daarmee. So kom ons kyk nader na
Komedie en klug
Die uitstekende punt wat Hitchcock met daardie vertelling maak, is eenvoudig maar treffend: As die draaiboekskrywer ‘n behoorlike reaksie wil uitlok, hou hy of sy liewer die KARAKTERS as die KYKERS in die donker. Inligting help jou ‘n kyker vermaak.
Dis natuurlik hoekom skryf van klug basies makliker as skryf van komedie is. Elkeen verdien sy plek in die son van vermaak, klug het sy eie dingetjies, maar dis ooglopend makliker om SKIELIK GOOI IEMAND HOOFKARAKTER MET ROOMTERT IN DIE GESIG te skryf as dieselfde toneel waar kykers weet hier kom ‘n roomtert MAAR KYKERS MOET RAAI WATTER KARAKTER IN DIE TONEEL gaan die teiken van die roomtert wees.
Dit beteken nie julle moet nooit ‘n klug probeer skryf nie. Dis ‘n baie suksesvolle vorm van TV-plesier. Onthou net klug gaan meer oor skoktaktiek as spanning. Met komedie word meer tyd benodig, die toneel moet deur ‘n slim opbou van spanning ontwikkel na die oomblik wanneer die roomtert in ‘n gesig ontplof.
Orraait, fyn, ek praat maklik van ‘n slim opbou van spanning, terwyl dit besonder moeilik is om te skryf. Ek het dit al hoeveel keer in televisiereekse probeer en ek wonder of ek dit in dertig persent van die tonele een honderd persent reggekry het.
Hoekom is dit so moeilik? Wel, die skrywer se tydsberekening en dialoog moet in die eerste plek reg wees. In die tweede plek moet die karakters gespeel word deur akteurs met uitstekende tydsberekening as dit by komedie kom. En derdens, ‘n goeie draaiboek en spel help vere as jy sit met ‘n regisseur en kameraspan wat die toneel verkeerd skiet of later verkeerd redigeer.
Ek raak sommer kortasem as ek aan goeie tydsberekening dink. Dis nie maklik nie. Hoe lank moet dit vat voor daai roomtert die gesig tref? Wanneer gebeur dit te gou? Wanneer vat dit te lank? Aas julle nie mooi begryp wat ek bedoel nie, dink aan mense wat grappe vertel. Jy kry ‘n aap wat ‘n lekker grap te lank uitrek en dan val dit plat, of jy kry ‘n ander aapstert wat broodnodige inligting uitlaat en die grap dan totaal te vinnig vertel…met dieselfde resultaat: niemand lag nie.
Vir my is daar net een oplossing wat werk: Speel die toneel. Kry familie of vriende om te help. Hou julle lywe akteur en kyk of daar meer of minder dialoog en aksie moet wees voor die roomtert tref. Van my beste komiese oomblikke moes ek eers so workshop.
Nog ‘n belangrike ou puntjie: Dialoog. Wat die karakters sê terwyl die kykers asem ophou wie gaan die roomtert tussen die oë kry, is van ontsaglike belang. Hiermee bedoel ek nie dit moet noodwendig dialoog oor belangrike sake wees nie, dit kan oor absoluut niks handel maar op ‘n snaakse manier. En raai waaroor moet dit liewer nie gaan nie? Yes! Roomtert! Vermy die elephant in the room.
En onmiddellik weerspreek ek myself: Tensy die elephant in the room so bespreek word dat net die kykers weet dit gaan oor die elephant in the room, dan maak dit die komiese effek soms nog sterker. Hooi, moenie vir my so kyk nie: ek het genoem dis moeilik om great komedie te skryf! Verstaan julle nou hoekom ek persoonlik meer televisiedramas as komedies gepleeg het? Dis vir my makliker – ek jok nou, makliker het natuurlik weer ander struikeblokke – om ‘n Arende as ‘n Vetkoekpaleis te skryf. In ‘n Arende kry jy ook oomblikke van komedie, maar die dramatiese struktuur daar is van so ‘n aard dat dit nie asemrowend belangrik is dat die komedie absoluut moet werk nie. In ‘n komedie is dit asemrowend en absoluut belangrik.
Paultjie, vra julle my nou, agter waai bossies skop ‘n skrywer ‘n heerlike komedie uit?
Die anwoord, kollegas, is dieselfde antwoord as vir enige tipe storie, drama, riller, klug, maak nie saak nie: Die lewe. Kyk deur die plakboek van jou eie lewe, jou eie mense, familie en vriende.
Voorbeeld uit my eie lewe: ‘n Vriendin nooi my vir die eerste keer na ‘n braai by haar ouerhuis. Ek is reg om spectacular en spitsvondig te wees. Oeps, niemand praat by die braai met my nie. Nog erger – hulle praat ook nie met mekaar nie, hulle grom of beduie vir mekaar soos grotbewoners wat nog nie kommunikasie onder die knie het nie. Dit maak my so gespanne ek wil naderhand uitbars van die lag, veral omdat my vriendin gaandeweg al hoe meer die donner in raak, en ek moet myself met mening inhou. Na die braai vra kwaai omgekrapte vriendin my om verskoning, sy het haar familie so mooi gevra om nie voor my oor haar ouers se dreigende egskeiding te praat nie, en toe praat die bliksems die hele blerrie braai net daaroor! Sorry, girl, toe moet ek maar uitbars van die lag.
En vat ‘n laaste tip van ‘n fool af: Wat vir een persoon tragies is, is vir iemand anders skreeusnaaks. Komedie is spanning, en soms presies die ander kant van tragedie. Think about it.
Sien julle oor twee weke.
